Seminar Overview

Finansiële Vryheid Seminaar

Ondersteun deur AL DIE GROOT BANKE

TREOC GAAN JOU DENKE HEELTEMAL VERANDER EN EIENDOM SAL NOOIT WEER DIESELFDE WEES NIE.

Treoc.com, die vinnigste groeiende beleggersklub in Afrika bied hulle unieke rekenaarprogram en gewilde seminaar aan. Dit leer ervare, sowel as beginner beleggers stap vir stap hoe om suksesvol in eiendom te belê en enorme welvaart en belastingvrye kontantvloei te skep. Die inligting wat op die seminaar gedeel word is absoluut noodsaaklik vir finansiele beplanners, eiendomsagente, rekenmeesters en prokureurs wat 'n beter en vollediger diens aan hulle kliente wil bied.

Die Treoc Groep is 'n internasionale eiendombeleggersklub wat bedien word met unieke produkte deur toegewyde diensverskaffers. Die Treoc metode en produkte is baie uniek sowel as kontroversieel en min mense in die wêreld weet hoe om dit te gebruik. Treoc gee aan sy lede die vermoeë om met baie min kapitaal, indien enige, skouspelagtige rykdom te bou.

Treoc.com is reeds die grootste beleggersklub in Afrika met meer as 40,000 lede in 2009. Ons klub besit ongeveer 120,000 huise met 'n totale waarde van R60 biljoen en dit groei daagliks.

Treoc se metodes is egter nie net geskik vir Afrika nie. Ons het talle lede in Europa, Amerika, Australia en Asië wat ons metodes met groot sukses toepas. Treoc het al baie seminare in London aangebied waar ons 'n groot groep lede het.

As u belangstel om binne 'n kort tydjie finansieel onafhanklik te raak moet u so gou moontlik ons lewensuitkykveranderende seminaar bywoon. Die seminaar duur 6 ure en fokus op die grondslag en die basiese konsepte van die "Treoc Way".

Op die Finansiële Vryheid Seminaar sal ons die volgende onderwerpe behandel:

  • Denke. Hoekom kry twee mense presies dieselfde boodskap, maar reageer verskillend daarop. Na 'n jaar is die een 'n miljoener en die ander het niks gedoen nie. Ons sal u leer hoe om die korrekte denke te kweek.
  • Beste maniere van welvaartskepping. Treoc is kontroversieel en ontmoedig sterk die ou nuttelose pensioenprodukte wat deur versekeringsmaatskappye verkoop word. Treoc glo ware finansiële vryheid kan slegs met eiendom of besigheid behaal word. Ons gaan dit aan jou bewys.
  • Portefeulje Bestuur. 'n Professionele eiendombeleggingsportefeulje is niks anders as 'n besigheid nie en ons gaan u leer hoe om so 'n besigheid doeltreffend te bestuur. Indien dit volgens die Treoc Manier, soos ons metode bekendstaan, bestuur word, is daar ook geen belasting betaalbaar nie. Hierdie is sekerlik die enigste wettige manier in die wêreld om belastingvry geld te maak.
  • Ideale Besigheidstrukture. Die besigheidstrukture waarmee ons koop is ook een van die redes waarom ons onbeperk kan koop en steeds vreesloos kan bly. Die grootse rede hoekom mense nie iets aanpak nie, is omdat hulle bang is. Ons sal vir u wys dat indien u die unieke Treoc struktuur gebruik is daar geen rede tot kommer nie.
  • Outydse maniere om in eiendom te belê. Ons boekwinkels is toegegooi met boeke oor hoe om in eiendom te belê. Daardie metodes is verouderd. Ons sal van hierdie metodes op die seminaar bespreek en die probleme uitwys.
  • Finansiering. Doelgerigte finansiering is een van die Treoc Manier se hoekstene. Ons verkies om slegs met die bank se geld te werk. Min mense weet hoe om dit doeltreffend te doen. Ons het duisende lede wat reuse portefeuljes opgebou het sonder om ooit 'n sent van hulle eie geld te gebruik.
  • Herfinansiering. Hierdie is ook een van die pilare waarop die Treoc Manier rus. Herfinansiering kan gevaarlik wees as dit verkeerd toegepas word, maar indien dit korrek toegepas word is dit die beste en veiligste manier om vinnig rykdom te bou.
  • Hefboomtoepassing. Dit is iets wat baie mense van gehoor het, maar min verstaan dit. Ons aanbieders het die vernuf om dit in eenvoudige taal te verduidelik sodat almal dit en die oneindige moontlikhede wat dit bied kan verstaan.
  • Tipe Eiendom. Die Treoc Manier werk die beste met 'n sekere tipe eiendom of marksegment. Die fundamentele redes hoekom 'n sekere tipe eiendom meer geskik as 'n ander is sal aan u verduidelik word.
  • Die Regte Area. U gaan leer dat sommige areas beter presteer as ander areas. Sommige areas moet heeltemal vermy word. Ons sal u leer hoe om die geskikte areas te identifiseer en te benut.
  • Doelgerigte Sagteware. 'n Portefeulje en transaksie moet behoorlik beplan word en daarvoor gebruik u ons doelgerigte internasionale sagteware, Treoc Investor.
  • Risikobestuur. Soos enige besigheid het 'n eiendombeleggingsbesigheid ook maar sy kwota risikos. Ons identifiseer die risikos en plaas 'n risikobestuursprogram in plek daarvoor.
  • Batebestuur en Aandelebelegging. Ons manier van batebestuur en aandelebelegging is baie anders as hoe meeste mense dit doen net soos wat ons eiendombeleggingsmetodes drasties anders en revolusionêr is. Oor die jare het ons, ons aandelebelegging sisteem so verfyn en veral vereenvoudig tot 'n mate waar enige persoon sonder enige spesiale opleiding in staat sal wees om dieselfde sukses as ons te behaal. Coert se aandele portefeulje het volgens geouditeerde state die afgelope agt jaar met 175.3% in kapitalewaarde gegroei. Professionele batebestuurders is verstom, want dit is behaal deur 'n gewone man in 'n tydperk (2001-2009) wat die ergste ressessie sedert 1933 insluit! Hierdie deel van die seminaar is 'n nuwe toevoeging omdat so baie lede wil weet hoe om die oorskot kontant wat met eiendom gegenereer word te belê.
  • Lidmaatskap. Om deel van ons klub te wees is belangrik. Dit is waar u ander Treocians gaan ontmoet en hulle suksesstories hoor; geleenthede en vrese deel. Die waarde van ons lede se gesamentlike kennis, is onberekenbaar. Dit is een van die redes vir Treoc se verbasende groei en sukses.

Bespreek nou vir 'n seminaar en sluit by ons aan!

Geldterugwaarborg. Indien u nie tevrede is met die inhoud of waarde van die seminaar nie en nie 'n lid van ons klub wil wees nie, betaal ons u seminaarfooi 100% terug. Die enigste kondisie is dat u ons in kennis stel binne 24 uur na die seminaar plaasgevind het. Neem as kennis dat die terug betaling slegs vir die seminaar sal wees en nie vir die lidmaatskap fooi nie.

Die Seminaarfooi:

  • R6100.00 per persoon
  • R5400.00 per persoon in 'n groep van twee mense
  • R4900.00 per persoon in 'n groep van drie of meer mense

Die seminaar duur van 09h00 tot 16h00. Ingesluit in die prys is; kursusmateriaal en verversings.

Vir verdere inligting skakel +27 21 851 2730 (gedurende kantoorure) of +27 83 273 5041 (na-ure) of stuur 'n epos na seminars@treoc.com.